RICK WARREN - HEGGER
THEOLOGIE VAN RICK WARREN = EENHEID.ORG-THEOLOGIE VAN H.J. HEGGER  Klik hier       
Plaats in winkelmandjeMandje
De theologie van Rick Warren sluit volledig aan bij de theologie van ds. H.J. Hegger

Voor volledige inzage van het artikel van dr. Bogaards, klik op de 'klik hier'-link.


Kritiek op Rick Warren se The Purpose Driven Life

door:

Dr. A.H. Bogaards (Pretoria-Rooiwal)


Eers was dit Bruce Wilkenson en die gebed van Jabes. Nou is dit Rick Warren en sy The Purpose Driven Life wat vele Gereformeerdes gaande maak nie alleen in Suid-Afrika nie, maar ook in Nederland. Die boek is so gewild, dat dit in Afrikaans en Nederlands vertaal is. Dit is so populêr, dat ek nie eens 'n Afrikaanse kopie kon kry nie. Daar is alreeds vier en 'n half miljoen kopieë van The Purpose Driven Life verkoop.

Wie is Rick Warren? Hy is 'n Baptis en predikant en stigter van die Saddleback Church in Lake Forest, Kalifornië. Die Saddleback Church is – so staan dit op die agterkant van sy boek –een van Amerika se grootste en mees bekende kerke en Christianity Today noem Warren Amerika se mees invloedryke dominee.

Maar is Rick Warren Gereformeerd? Hoort sy boeke in Gereformeerde huise en kerke? Is The Purpose Driven Life 'n geskikte geskenk vir belydeniskatkisante en 'n goeie boek vir Bybelstudiegroepe? Dit is die vrae wat beantwoord sal word deur 'n beoordeling van hierdie boek.

In my ondersoek het die volgende besware na vore gekom: Warren sluit hom aan by en maak gebruik van werke wat allermins gereformeerd is; eenheid en liefde is vir hom belangriker as leersuiwerheid; male sonder tal word Skrifgedeeltes buite verband aangehaal en die Skrif verdraai; hy kies aanhoudend vertalings wat sy saak sterk; die mens staan in die middelpunt en aan die plek en die werk van Christus word tekort gedoen; sy doop- en verbondsbeskouing is nie die van ons belydenis nie; die skrywer is deur en deur Arminiaans in sy teologie.

Ek gaan uit van die oorspronklike (Engelse) weergawe van die boek in my beoordeling.

(Voor verdere inzage van het artikel van dr. Bogaards, klik op de 'klik hier'-link bovenaan de tekst).


http://www.derokendevlaswiek.nl